... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Geheime Oorvertel Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 18:8, 26:20 Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. (NLV) Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie, so hou ’n rusie op as daar nie skinderpraatjies is nie. (NLV)

Het jy al ooit opgelet hoe poniekoerante daarvan hou om te lei met opskrifte soos: Prins se Geheime Liefdesbriewe Onthul? En my ou maat, dan verkoop die koerante. Deesdae sal ons sommer sê dit versprei soos ‘n veldbrand op die internet!

Daar is iets so aantreklik aan die idee om ‘n geheim te hoor. Gruwel poniekoerante en vrouetydskrifte gebruik dit al dekades lank om hul sirkulasie en advertensie-inkomste te laat groei. Dink net daaraan: ‘n Wêreldwye sakemodel wat op skinderpraatjies gebaseer is, maak miljarde dollar uit ander mense se ellende!

Laat ons nou nie met die spreekwoordelike vinger van veroordeling na hulle wys nie. Komaan, hoe gereeld was jy al in die versoeking om te skinder, om geheime oor iemand te vertel wat jy nie moet vertel nie? Of erger nog, om ongegronde gerugte te versprei wat hulle kan vernietig?

Dit is opvallend dat die Spreuke van Salomo, een van die Bybelboeke wat groot wysheid bevat, soveel versies aan skinder wy:

SPREUKE 18:8 Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. 

Net daar plaas God sy groot en magtige vinger op hoe aanloklik dit is om ‘n skinderbek te wees. En net soos ‘n heerlike happie kos gif kan bevat, wat diep binne-in jou stelsel beland, so verrot skinderstories harte en vergiftig hulle gedagtes.

Hoe keer jy dat dit gebeur? Hoe keer jy dat lewens en verhoudings deur skinder verwoes word?

SPREUKE 26:20 Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie, so hou ’n rusie op as daar nie skinderpraatjies is nie.

Met ander woorde, wanneer die ketting van ‘n skinderstorie na jou kant toe kom, moenie dit aanvuur nie, moenie dit uitbuit en dit aan iemand anders oordra nie. Laat die skinderketting by jou eindig.

By gebrek aan hout gaan die vuur dood.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.