... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Boodskapper Skiet nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Boodskapper Skiet nie!


Download audio file

Die idee dat die Bybel ‘n preutse, ou, godsdienstige boek is wat tot ‘n ander era behoort, is deesdae redelik populêr. Daar is baie mense, selfs Christene, mense wat beweer dat hulle in Jesus glo, wat dink die Bybel is uitgedien.

As ons eerlik wil wees, is daar sommige dinge wat jy in die Bybel lees, wat vandag baie minder relevant lyk, as wat dit miskien was, toe dit destyds geskryf is. Dit was immers ‘n ander kultuur en ‘n ander tyd.

Dit is waarom dit so maklik is om die Bybel af te maak as irrelevant. Die rol van vroue het tog wesentlik verander. Deesdae is hul rol nie meer ‘n kontensieuse vraagstuk nie. Vroue is deesdae in baie gevalle hoogs opgeleide, effektiewe leiers met soveel om te bied. Hoe kan ons dan nog glo wat die Bybel oor die rolle van mans en vrouens sê?

Ons weet deesdae meer oor sielkunde, fisiologie en seksualiteit. Hoe kan ons glo wat die Bybel oor dié spesifieke onderwerpe sê?  Ja, daar is nogal baie verskillende aspekte waarna die kritici verwys…

Die fout wat ons maak, is egter om te aanvaar dat die Woord van God destyds, toe dit geskryf is, meer gewild was, as vandag. Dit was nie. Die Israeliete het profeet na profeet verwerp en doodgemaak. Hulle het selfs God se eie Seun aan ‘n kruis gespyker, omdat hulle nie gehou het van wat Hy gesê het nie. Nee, daar is niks nuuts onder die son nie. God se Woord was nog altyd ongewild. Kyk wat staan in:

Romeine 15: 4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Maar as God praat, doen Hy dit om ons te help. Die doel van dit in die Bybel opgeteken is, is sodat ons daaruit kan leer; sodat ons dinge deur sy oë kan sien. Die vraag is dus: sal ons die boodskapper skiet, of sal ons na God luister?

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge