... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Bang wees om Klein te wees nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:1 Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. . .

Ons het almal al somtyds klein en onbeduidend gevoel – miskien is dit hoe jy nou voel. Klein … onbeduidend. En in hierdie suksesgedrewe wêreld waarin ons leef, dink ons dit is ‘n slegte ding.

Daar is iets in elkeen van ons wat smag na erkenning. Ons begeer dat mense verblind moet word deur ons sukses. Die apostel Paulus was een van daardie ouens. Voordat hy Jesus op die pad na Damaskus ontmoet het, was sy naam eintlik Saulus. Hy was vernoem na Israel se eerste koning, ‘n man wat lank, aantreklik en ydel was. Saulus was uit die stam van Benjamin, ‘n lid van Israel se regerende liggaam, die Sanhedrin, en hy het aan die beste skole gestudeer.

Hy noem homself ‘n Fariseër onder Fariseërs, ‘n vervolger van die kerk en hy beskou homself as regverdig onder die wet. As iemand die reg gehad het om suksesvol genoem te word, was dit hy. Maar toe hy Jesus op pad na Damaskus ontmoet het, het die Here vir hom ‘n nuwe naam gegee. Hy sou nie meer Saulus wees nie, maar Paulus. En dis die naam wat hy altyd daarna gebruik het.

Efesiërs 1:1 Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. . .

Nou maar watter verskil maak ‘n naam? Nee, my vriend, dit maak ‘n reuse verskil in die Hebreeuse kultuur. Jou naam het jou as persoon gedefinieer. Jy weet wat die naam “Paulus” beteken? Dit beteken letterlik “klein”.

Hierdie eens arrogante, beledigende en suksesvolle man, Saulus, moes Paulus word om in die hande van God bruikbaar te wees; om ‘n apostel te word wat deur God uitgestuur is om sy werk te doen; om uiteindelik amper die helfte van die boeke van die Nuwe Testament te skryf.

Hy moes ‘klein’ gemaak word. Hy moes verneder word.

Wanneer jy in Christus is, moet jy nooit, nooit bang wees om klein te wees nie. Nederigheid is in werklikheid ‘n goeie ding.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.