... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Mense op die Wandelpad

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Mense op die Wandelpad


Download audio file

Ek sal eerlik wees met jou. Die eerste ses en dertig jaar van my lewe het ek skaars aan Christenskap gedink … behalwe om gek te skeer met die onnosele Christene daar buite, wat in God geglo het. Wat van jou? Hoe ernstig voel jy oor Jesus?

As iemand wat die grootste deel van elke werksdag sit en werk, geniet ek dit baie om oefening te kry. Ek gaan dus die meeste oggende vroeg uit vir ‘n vinnige stappie. Daar is ‘n groot park met ‘n wonderlike staproete naby ons huis. Ek kom normaalweg net voor sonop daar en dan is daar skaars ‘n siel in die omgewing.

Maar na ‘n kort rukkie begin die plek vol word met mense wat loop, hardloop en fietsry. Jonk, oud; manlik, vroulik, lank, kort, vet, maer, swart, wit; goed, sleg … die wonderlikste verskeidenheid mense.

Maar weet jy, daar is nog ‘n onderskeid wat die moeite werd is om te maak: verlore, gevind; gered … in die verderf vergaan.

Dit maak nie saak hoe ons elkeen uiterlik lyk nie, maar party van ons ken Jesus Christus as die Verlosser van ons siel en die Here van ons lewens, en ander nie. En eendag, nou-ja, eendag is dit die enigste onderskeid wat sal saakmaak. Dit is die enigste ding wat die een mens van die ander sal onderskei.

In Johannes 3:16  staan: Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Verlore of gevind. Gered of vergaan. Dit is die enigste ding wat sal saak maak. Watter een is jy? Het jy Jesus Christus aangeneem as die Verlosser van jou siel en die Here van jou lewe?

As jy nog nie vir Jesus aangeneem het, is dit vandag jou geleentheid. Bid ‘n eenvoudige gebed, slaan ‘n nuwe blaadjie om, begin jou lewe  vir Jesus leef.

Want eendag is dit die enigste ding wat sal saakmaak.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge