... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak Seker Jou Lewe het Betekenis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90:12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

Die lewe is kort. Wanneer ons jonk is, dink ons, dat die lewe op hierdie aarde vir ewig sal voortgaan. Maar soos jy ouer word, tref die werklikheid jou en besef jy hoe verkeerd jy eintlik was. Die lewe is kort!

Vir baie jare het my ma, wat nou al in haar negentigs is, vir my gepreek: “Berni, moenie so hard werk nie. Geniet jou lewe. Eendag sal jy so oud soos ek wees. ” Ja, my liewe ou ma is sekerlik reg. Ons moet nie soos idiote net werk en werk nie, want daar is meer aan die lewe as net werk.

Ek is ‘n ‘herstellende werkverslaafde’. Ek het uiteindelik na my ma én my vrou, wat my presies dieselfde gesê het, geluister. Deesdae beplan ek my tyd baie beter. Ek beplan tyd vir rus, tyd vir pret, tyd om met die honde te speel en tyd om my vrou op afsprake uit te neem en ook tyd om sommer rustig by die huis te sit en gesels na ete.

Maar die teenpool van ‘n werkesel is ‘n luiaard; ‘n persoon wat homself nie wil ooreis nie. Die persoon wat min of geen waarde tot ander mense se lewens byvoeg nie. ‘n Persoon wat die mediawêreld se boodskap oor die eie-ek glo: ‘Ek is die belangrikste persoon – die wêreld draai net om my!’ 

Iewerster, tussen die twee pole moet daar ‘n gesonde balans wees  – ‘n ‘werk-lewe balans.’ Dis natuurlik nie ‘n nuwe konsep nie. Ons lees hoe Moses al op sy dag tot God gebid het daarvoor in:

Psalm 90:12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

Dit lyk vir myof die geheim van wysheid daarin lê om die balans te vind tussen dít wat jy vir ander mense doen en nog steeds tyd te maak vir die eenvoudige dinge in die lewe, soos byvoorbeeld om te rus.

Wees wys. Jou lewe is kort. Maak ‘n verskil.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.