... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lewe of Sterwe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Listen to the radio broadcast of

Lewe of Sterwe


Download audio file

Ek dink dat ten spyte van die feit dat ons almal al probleme ondervind het, selfs tragedies wat ons nie vir ons grootste vyand sou toewens nie, ervaar het, is dit waar om te sê dat die meeste van ons, ons lewe vir niks ter wêreld sal verruil nie.

Toemaar, ek weet daar is party dae wat ons wens dat ons nooit gebore is nie. Ek was ook al daar. Maar as jy terugstaan en na jou ervarings kyk, sien jy daar is ‘n rykdom van lewe, selfs in die teëspoed. En as jy na die goeie tye kyk, besef jy daar is soveel om na uit te sien.

Ek onthou ‘n paar jaar gelede, net voor ek en my vrou op ‘n oorsese vakansie, waarvoor ons jare lank gespaar het, sou vertrek, het ek by myself gedink: “Ek hoop nie die Here besluit om terug te kom voordat ons terug is nie.” Ek kry lag vir myself, maar jy verstaan wat ek bedoel? 

Maar as jy toelaat dat hierdie tipe van gedagtes hand uitruk, is daar ‘n groot risiko dat ons uiteindelik vasklou aan die lewe op hierdie aarde. ‘n Gevaar dat ons ons eie lewe bo alles stel, al weet ons vir seker dat dit eendag tot ‘n einde sal kom.

En dit beïnvloed die manier waarop ons leef. Dit veroorsaak dat ons ons lewens hoofsaaklik vir onsself leef. So ‘n selfsug is nie net ongesond nie, maar wanneer ons enigiets belangriker as God beskou, al is dit ons eie lewens, wel, dan is dit, in sy taal, afgodery.

Net ingeval jy in daardie strik getrap het – en ek weet dis baie maklik om daar te beland – onthou hierdie woorde:

Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Leef jou lewe vir Christus, nie vir jouself nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.