... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leer ons Nooit Nie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:6,7 Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

Listen to the radio broadcast of

Leer ons Nooit Nie?


Download audio file

Ek is dikwels verbaas om te ontdek hoe geestelik onnosel en dof ek is, om nie op die kragtige, lewensveranderende raad van God, wat Hy deur Sy Gees en Sy Woord vir my gee, te reageer nie. Dit kan nogal vreemd klink vir ‘n prediker om so iets te sê, maar dit is waar.

Ons sien in die lewe van die apostel Paulus dat sy toenemende ervaring  van God se trou, te midde van uiterste beproewinge hom in staat gestel het om al hoe meer bewus te wees van sy eie gebreke. Hy kon sy eie foute raaksien en meer en meer ontdek wie hy in Christus was.

Ons leef in ‘n wêreld waar selfkennis skaars is; ‘n wêreld van “doen maar net wat jy wil” sonder om aan die gevolge te dink. En dis jammer om te sê, maar dieselfde gesindheid kom onder Christene voor. Paulus skryf oor hierdie einste mense in:

2 Timoteus 3:6,7 Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

Hoe maklik is dit nie vir ons om na preek na preek te luister, daardie wonderlike gesange en refreine te sing en tog in ons sonde te floreer nie? Om met sonde belaai te wees en deur allerlei sinlike begeertes gedryf te word, om altyd onderrig te word maar tog nooit tot die kennis van die waarheid te kom nie.

Ons sondige natuur weerstaan die kragtige transformasie wat God deur sy Gees en sy Woord vir ons wil gee. Dit is waarom hierdie waarhede so stadig insink. Dis waarom dit lyk asof ons soms geestelik onnosel en dof is.

Weet jy, die enigste manier om dit te verander, is om ons harte vir die Gees en vir die Woord oop te stel, en om vir God toe te laat om ons werklik vry te maak.

Dit is Sy Woord. Vars vir jou‚ vandag.