... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Kan Die Wêreld Verander

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 4:18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;

Listen to the radio broadcast of

Jy Kan Die Wêreld Verander


Download audio file

Ons het seker almal die geheime begeerte om ‘n impak op hierdie wêreld te maak; om ‘n positiewe verskil in die lewens van die mense rondom ons te maak. Maar hoe doen jy dit nou eintlik in ‘n wêreld wat daarop uit is om homself te vernietig?

Die toenemende vlaag van konflik is iets wat elke dag rondom ons aangaan: Op wêreldwye skaal onder die supermoondhede. Op nasionale vlak in ons politieke stelsels. Op sosiale vlak met geslagspolitiek en die omgewingskwessies. In gesinne met verhoudings wat verbreek word.

Ja, ek weet, die wêreld was nog nooit perfek nie, maar dit lyk net asof dit erger word en dat dit ons van alle kante bekruip. Vir my voel dit of daar ‘n duisternis oor ons samelewing en selfs oor ons lewens toesak. Dis nie ‘n mooi prentjie nie. En dit is tog nie die manier om te lewe nie, of hoe?

Maar kom nou, watter verskil kan één van ons ou mensies in elk geval in die lig van hierdie kruipende duisternis maak? Die antwoord is, ‘n baie groot verskil. Kyk wat staan in:

Spreuke 4:18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;

‘Leef reg.’ ‘Doen goed.’ Dit klink mooi, maar net so ‘n bietjie te eenvoudig, nè? Maar as ek en jy, dag na dag, in die aangesig van onheil kies om vriendelik te wees; om ordentlik en eerlik te wees in ‘n wêreld waar so baie mense die teenoorgestelde houding het en as ons kies om ten spyte van omstandighede vir Jesus te volg, gebeur daar ‘n ongelooflike ding.

Jou lig sal begin skyn. En soos die opkomende son, sal dit al hoe helderder word totdat hierdie donker wêreld met die volle lig van die dag gevul word. My vriend, die lig van jou nederige gesindheid in Christus, het die mag om die stygende duisternis te oorrompel; dit het die krag om die wêreld te verander.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.