... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jubel en Juig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 100:1,2 Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Listen to the radio broadcast of

Jubel en Juig


Download audio file

Weet jy watter interessante ontdekking ek gemaak het? Dit is baie makliker om op ‘n Sondag vrolik en luidrugtig te sing as om God op ‘n Maandag met oorgawe te dien. Dit is soveel makliker om daardie liedere te sing, as om hulle uit te leef.

As jy God liefhet en as jy in Jesus glo, dan is dit ‘n spesiale ervaring om saam met gelowiges bymekaar te kom in opwindende lofprysing. Dit is inderdaad baie spesiaal.

Ek dink dit was AW Tozer wat geskryf het dat aanbidding die mees onbaatsugtige offer is wat ons vir God kan bring. En dit is waar. Wanneer ons die grootheid van God besing deur opheffende aanbiddingsliedere soos: Hoe Groot is U; Prys die Heer met Blye Galme; Here, ek wil U loof, dan vergeet ons van ons laste en vind ons genesing vir ons siele.

Ja, dis alles mooi en waar, maar dit is vir ons baie maklik om daardie ervaring van aanbidding; naamlik om die lof aan God te bring, te skei van die realiteite van ons daaglikse lewens. Miskien is dit hoekom die professionele konsertstyl van aanbidding deesdae so gewild is. Dit bring jou op ‘n emosionele hoogtepunt.

Maar emosies ry wipplank. Jy ontdek op Maandagoggend wanneer jy met die wrede realiteite van die lewe gekonfronteer word, dat gister se gevoel van euforie jou in die steek gelaat het. Maar weet jy, dit was nooit veronderstel om so te wees nie.

Psalm 100:1,2 Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Die sleutel tot die aanbidding van God vier en twintig uur per dag, is om Hom met blydskap te dien. Ja, sing gerus Sondag na hartelus. Absoluut! Maar dien Hom ook Maandag met blydskap. Konfronteer die realiteite van die lewe met ‘n dankbare hart, met dié wete dat Hy elke tree van die pad by jou is.

Dien die Here met blydskap! Want dit vul jou met vreugde

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.