... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Lei is Skoon Gevee

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid

Kersfees is verby, nè? Baie ouens herstel nog van die feesvieringe. Dis gesinstyd vir ander. En vir die meeste van ons, op een of ander manier, ‘n tyd van nadenke. 

Dit is snaaks hoe ons hierdie tyd van die jaar, in hierdie blaaskansie tussen Kersfees en Nuwe Jaar, ons gedagtes laat teruggaan oor die jaar wat verby is en beplan vir die jaar wat voorlê. Kom ons gesels oor die jaar wat verby is. Was dit ‘n goeie of ‘n slegte of selfs ‘n lelike jaar? Was dit ‘n jaar wat jy wil vier, of waaroor jy wil treur?

Wat ook al jou antwoord, een ding is seker. Daar is stukkies daarvan wat jy eerder wil vergeet. Seker maar daardie stukkies waar jy gefaal het. Stukkies waarin jy vir jouself, jou geliefdes en ja, ook vir God teleurgestel het.

Dit is seker waarom ons so entoesiasties is oor die koms van ‘n nuwe jaar. Dit is die kans om oor te begin. Maar, my vriend, as ons voortgaan op die ou trant en ons skuldig maak aan dieselfde ou sondes, en as die gevolge daarvan nog steeds ons lewens verteer, is die afmerk van die kalender redelik betekenisloos, nie waar nie?

Daarom is dit belangrik om jou lei skoon te vee. Kyk wat staan in:

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 

Kom onsmaak erns met die saak. Wanneer ons met ‘n opregte hart ons sonde bely, beloof God om ons sonde te vergewe, maar ook –  en dis belangrik – om ons van ons ongeregtigheid te reinig. Ons lei kan inderdaad deur ons geloof in Jesus skoongevee word. Moenie volgende jaar ingaan sonder om jou sonde agter te laat nie. Bely dit voor God, vertrou op Christus en Hy sal jou reinig. Hy sal jou lei skoonvee.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy