... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is die Deur na Verlossing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 10:7-9 Toe het Jesus weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry. (NLV)

Jy het dalk al hierdie woorde gehoor: ons het almal soos skape gedwaal. Dit is deur die profeet Jesaja geskryf. En dit is absoluut waar. Ons het almal, soos skape, afgedwaal.

Ek kan nogal ‘n dik boek skryf oor al die kere wat ek tydens my leeftyd afgedwaal het. Ek is seker jy kan ook. En wanneer ons afdwaal, het dit gevolge. Die foute wat ons maak wanneer ons van God af wegdwaal, beroof ons lewens soos ‘n dief.

Dit lyk asof daar deesdae soveel dinge in hierdie wêreld is; soveel valse profete, wat ons soos die verleidsters uit die mitologie, na die gevaarlike, rotsagtige oewers van ons sonde lok. Ja, daar is tragiese gevolge, maar daar is wel ‘n alternatief.

Johannes 10:7-9 Jesus het toe weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry.(NLV)

Gedurende die winter het die skaapwagters hul vee na die dorp gebring en hulle oornag in ‘n gemeenskaplike kraal gejaag. Elke nou en dan het vals herders gekom om iemand anders se skape te probeer steel. Maar die skape was slim. Hulle het nie na die diewe en rowers geluister nie, want hulle het hul eie herder se stem geken.

Dan verander Jesus die metafoor deur te sê: Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. 

Dit is die kruks van die saak. Dit is die waarheid wat ons vandag opnuut moet vasgryp. Moenie na al daardie vals profete daar buite luister nie. Moenie wegdwaal en teruggelok word na jou mitologiese sonde nie. Jesus is die poort na jou verlossing. Gaan deur Hom in. Vertrou op Hom en Hom alleen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.