... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Reg om op te staan vir jou Regte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:7,9 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” ...Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan, eerste die familiehoofde. Jesus is alleen agtergelaat terwyl die vrou nog in hulle midde staan.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Reg om op te staan vir jou Regte


Download audio file

Ons weet dat Christene deesdae meer as ooit tevore vervolg word. Vir party van hulle beteken dit steeds dat hulle geskiet of onthoof word. Vir ander is dit regerings wat hul godsdiensvryheid beperk of met ‘politiese korrektheid’ probeer om God se Woord stil te maak.

En soos ons gister gesien het, is daar talle Christenleiers wat besig is om hul kuddes op te sweep om op te staan vir ons regte. Dit, terwyl ons voorgee om ‘n Verlosser te aanbid wat verneder is, wat geregtigheid geweier is, en soos ‘n lam na sy slagting gelei is, om aan ‘n kruis te sterf sodat ons kan lewe.

Jesus, het nie sy eie regte verdedig nie en ek en jy het op die ou end daardeur ons verlossing ontvang. Jesus het ander mense soos melaatses, tollenaars, prostitute of selfs ‘n vrou wat op owerspel betrap is, se regte bepleit.

Jy onthou dalk haar storie. Die Fariseërs het haar voor Jesus ingebring om Hom te toets. Volgens die wet van Moses moes sy gestenig word. Die Romeinse besetters het egter steniging verbied. Die Fariseërs het gedink hulle het Jesus op ‘n tegniese punt vasgetrek. Maar ons lees in:

Johannes 8:7,9 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.” …Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan, eerste die familiehoofde. Jesus is alleen agtergelaat terwyl die vrou nog in hulle midde staan. (NLV)

Kyk wat het hier gebeur: Jesus het Homself liggaamlik tussen ‘n woedende gepeupel, wat deur die korrupte godsdiensleiers opgesweep was, en die vrou geplaas om haar te verdedig.

Dis hoe ons gesindheid moet wees – as ons vir enigiemand gaan opstaan, laat ons dan opstaan vir die regte van ander – vir die onderdruktes, die sondaars, vir diegene wat nie in staat is om hulself te verdedig nie, net soos Jesus opgestaan het vir mense soos ek en jy.