... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy Verloor Nooit, Ooit Hoop Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Klaagliedere 3:22,23 Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Hy Verloor Nooit, Ooit Hoop Nie


Download audio file

Die lewe verloop nie altyd volgens ons plan nie. Dit sou lekker gewees het as dit wou, nè? Maar dit gebeur nie. En soms is die rede daarvoor dat ons weggedwaal het en God agtergelaat het. Of, nou-ja, dit is ten minste hoe ons dit sien, wanneer ons tot ons sinne kom.

Ek het ‘n rukkie gelede uit die bloute ‘n e-pos van ‘n ou skoolvriend ontvang. Hy is die ou wat my veertig jaar gelede daar in die skool werf na Christus gelei het.

In die e-pos het hy my vertel hoe hy grootgeword het. Hy het, net soos ek, ook ver van God afgedwaal. Dit is wat so dikwels gebeur as ons jeugdige idealisme gedemp word deur die sorge en verantwoordelikhede van die volwasse lewe.

Maar toe, skryf hy verder, gaan hy deur ‘n groot krisis in sy lewe en daar ontdek hy tot sy verbasing, dat Jesus te midde van sy ontbering op hom wag. Snaaks genoeg, klink dit toe presies soos my storie.

Toe ek nadink oor die vreemde parallelle tussen my en my ou skoolvriend, herinner dit my aan hierdie pragtige vers in:

Klaagliedere 3: 22 Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

Dit is waar, soms word die lewe ongelooflik donker en somber. En as dit gebeur op ‘n tydstip wanneer ons ver van God af is, wanneer ons Hom agtergelaat het om die dinge van hierdie wêreld na te jaag … is die hele situasie tien keer erger.

Ons besef dat ons sonder God op daardie donker plek is. Dit is maar net ons persepsie. Maar as jy ooit op daardie plek kom, onthou dit:

die troue liefde van die Here hou nooit op nie, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut; sy trou is groot.

Hy verloor nooit, ooit moed nie.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge