... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hou jou Emosies in Toom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 5:7,8 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.. Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hou jou Emosies in Toom


Download audio file

Ons het die afgelope paar dae oor ons emosies gesels, want dit is so ‘n belangrike deel van wie ons is. Maar wanneer ons toelaat dat hulle ons oorweldig, word ons ongelooflik kwesbaar.

Ons emosies is die deel van ons siel wat nie altyd heeltemal rasioneel is nie. Trouens, sommige dae kan hulle heeltemal irrasioneel raak. Ek is ‘n baie rasionele denker en daar is niks daarmee verkeerd nie, maar sonder emosies kom ‘n mens koud en ongeërgd voor, want ons emosionele dimensie is wat ons ‘mens’ maak.

Maar wees verstandig: ons moet ons emosies in toom kan hou, want as ons hulle toelaat om vrye teuels te hê, beland ons aan die ander kant van die spektrum – ‘n heeltemal irrasionele individu in wie se geselskap niemand wil wees nie. Niemand, behalwe natuurlik die duiwel nie!

1 Petrus 5:7,8 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. (NLV)

As jy al ooit dokumentêre films oor die diereryk gekyk het, sal jy weet dat leeus hulle prooi op die mees kwesbare plek sal aanval. Hulle teiken die jongste, die stadigste of die siekste dier uit die trop. Dis wat leeus doen. En dit is presies wat die duiwel ook doen. Hy sal wag totdat jy in ‘n see van wanhoop is of selfs op ‘n wolk van euforie verkeer. Want wanneer jy deur jou emosies beheer word, maak niks anders saak nie, en dit is wanneer jy op jou kwesbaarste is.

Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

Moenie my verkeerd verstaan nie, emosies is ‘n goeie ding. Maar moenie toelaat dat hulle buite beheer raak nie. Die duiwel sit en kyk en wag vir jou. Beheer jou emosies en wees versigtig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.