... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoekom Kruip God weg?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 55:8,9 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

Listen to the radio broadcast of

Hoekom Kruip God weg?


Download audio file

Ek wil jou iets vra: As jy God was, sou jy die wonderlike dinge wat jy doen, geheim hou, of sou jy wou hê dat almal moet sien dat jy die magtige, die almagtige God is?

Hier is iets wat nie sin maak nie. Jesus kom van ‘n bergtop af. ‘n Ongelooflike wonderwerk, die verheerliking op die berg, het pas plaasgevind. Maar kyk wat lees ons in:

Matteus 17: 9 Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.”

Waarom doen Hy dit? Waarom maak Hy dit nie openlik duidelik vir almal presies wie Hy is nie?

Ek het altyd gedink, dat ek eendag, as ek die Bybel deeglik genoeg bestudeer het, God sou kon verstaan. As ek hierdie stukkie hier, en daardie teologiese kwessie daar, kon bemeester- sou ek Hom beslis kon verstaan.

Maar hoe meer ek Hom leer ken, hoe meer besef ek die waarheid van dit wat God oor Homself in Jesaja 55: 8,9 sê: My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

Dit wil voorkom asof my God soveel groter is as my mooi, netjiese boekrakke vol leerstellings. Ook maar goed, nè!

Hier is die knoop. God openbaar Homself nooit heeltemal aan ons nie. En daardie raaisel, die ‘cloud of unknowing’ soos een skrywer van ouds dit stel, is deel van die ontsag en verwondering van ons verhouding met Hom.

‘soos die hemel hoër is as die aarde, is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes’

Dit is God se Woord.  Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge