... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe jy Wag, is Belangrik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Ps 130: 5,6 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, Ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die more wag, wagte op die more.

Listen to the radio broadcast of

Hoe jy Wag, is Belangrik


Download audio file

Jy kan enige plek in die Bybel lees en jy sal gou-gou agterkom dat God van ons verwag om geduldig te wees. Hm, dis ‘n moeilike saak om geduldig op God se antwoord te wag. Ons verkies tog baie eerder ‘n kitsoplossing.

Ons is almal verskillend. Sommige mense is meer voortvarend en aktief, terwyl ander weer rustig en ontspanne is. Ek is een van die eersgenoemde groep, daarom was die idee om te wag dat God dinge moet doen, nog nooit vir my maklik nie.

Jy verstaan mos! As jy ‘n deurbraak nodig het, wil jy dit mos nou hê, nie waar nie? As jy genesing nodig het of as jy probleme ondervind, wil jy nie wag vir God om dit volgende maand of selfs volgende week reg te maak nie. Jy wil hê dat Hy dit vandag moet regmaak!

Die enigste ding om te doen is om te wag op God, omdat jy geen ander keuse het nie. Wag jy nou met ‘n negatiewe houding? Wag jy met ongeduld, met ‘n gebrom in jou hart? Dit is waarskynlik hoe die spsalmskrywer gevoel het toe hy in Ps. 130: 1,2 uitroep: Uit die dieptes roep ek na U, Here, hoor tog my hulpgeroep. 

Ons verstaan sy moedeloosheid. Maar net ‘n paar verse later sê hy in:

Ps 130: 5,6  Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, Ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre.

Daardie woord “wag” beteken letterlik om met verwagting te wag, met hoop en met die vooruitsig op dit wat God gaan doen. Hoe kan die psalmskrywer daardie hoop hê? Omdat sy hoop in die Woord van die Here, is. ‘n Woord wat lewendig en aktief is, wat vir ewig sal bestaan en nooit sal misluk nie.

Wag geduldig op die vervulling van sy Woord.

Dit is God se Woord. Vars‚ vir jou‚ vandag.