... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Gefokus is Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 4:31-34 Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog 'n stukkie. ”Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi..”

Hier is vandag vir jou ‘n vraag: Waarom, het God jou op hierdie aarde agtergelaat? Ek bedoel, as Hy jou so liefhet soos Hy sê Hy het, sou Hy jou nie net huis toe roep, sodat jy van aangesig tot aangesig by Hom kan wees nie?

Hm. Interessante vraag. Waarom loop jy in jou eie kampie rond en doen die dinge wat jy doen?

Dit lyk vir my asof dit vir ons maklik is om ons fokus op God se raadsplan te verloor, terwyl ons lewe, eet, slaap … ons menslike begeertes bevredig. Ons is net hier. Ons word wakker, klim uit die bed, trek aan, gaan elke dag aan met die lewe en val dan saans terug in die bed. Dis dit.

Ons het hierdie week gesels oor die Samaritaanse vrou by die put en Jesus se bereidheid om haar, ondanks al die kulturele grense, ondanks sy moegheid, dors en honger, te bedien.

Johannes 4: 31-34 Intussen het sy dissipels by Hom aangedring: “Rabbi, eet tog ‘n stukkie. ”

Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie.” 

Die dissipels sê toe vir mekaar: “Sou iemand dalk vir Hom iets te ete gebring het?” 

Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.”

Natuurlik sou hy uiteindelik moes eet. Hy wou hulle leer dat die ding wat Hom dryf; wat hom opgewonde maak; wat Hom laat volhard, is om die werk te voltooi wat sy Vader vir Hom gegee om te doen.

Watter werk het God jou gegee om te doen? Gebruik jy jou  godgegewe gawes en hulpbronne om sy koninkryk op aarde te laat kom? Wees opgewonde, wees gereed, want dis waarom Hy jou hier agtergelaat het om die werk wat Hy vir jou gegee het, te voltooi.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.