... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hanteer Teleurstelling

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 23:34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Listen to the radio broadcast of

Hanteer Teleurstelling


Download audio file

Wanneer laas is jy deur iemand of iets teleurgestel? Hoe het jy gevoel? Wat was die uiteinde daarvan? Het jou gevoel van teleurstelling dinge verbeter, of net vererger?

Dinge verloop nie altyd soos ons dit wil hê nie. Soms lyk dit regtig asof dinge keer op keer teen ons draai. Jou verhouding gaan nie goed nie, jy is onder druk by die werk en dan word jy ewe skielik siek. Dit is net die een ding na die ander. En hierdie dinge veroorsaak ‘n gevoel van diep teleurstelling wat voel soos ‘n messteek.

Maar weet jy, die waarheid is, dat teleurstelling ‘n hart-saak is. Dit is ‘n emosionele ding wat ons diep raak. Wanneer ons emosioneel raak en teleurgesteld en moedeloos voel as ons teëspoed beleef, maak ons dinge net erger.

Ek is teleurgesteld in jou omdat jy nie gebel het nie. Ek is teleurgesteld omdat dinge net nie reggekom het nie. Ek gaan met ‘n lang gesig rondloop, omdat ek nie my sin gekry het nie.

Teleurstelling is die reaksie van ‘n slagoffer, nie van ‘n oorwinnaar nie. As ons teleurgesteld voel, reageer ons verkeerd. Om teleurstelling vatplek te gee, is op die ou end, ‘n keuse – dit is iets wat ons kan toelaat om ons te verswelg, of ons kan dit verwerp. Met ander woorde teleurstelling bly ‘n keuse – joune en myne.

Miskien klink dit ‘n bietjie wreed. Maar as jy die verhale oor Jesus lees, het hy nie teleurgesteld gevoel toe die mense Hom verwerp het, of toe hulle Hom verkeerd verstaan ​​het, of toe hulle Hom verlaat het nie, en selfs nie toe hulle Hom gekruisig het nie. Hy het nie toegelaat dat hulle mislukkings sy lewe bederf of Hom ontwrig nie. Kyk wat gebeur aan die kruis. Ons lees in:

Lukas 23:34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Wanneer dinge sleg afloop, kan jy net soos Jesus, kies om nie lamgelê te word deur die teleurstelling nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge