... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Stry Saam Met Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 3:5 Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.(NLV)

Ons het gister gesien hoe vurig die aanval van die duisternis op jou sal neerreën wanneer jy besluit om die regte dinge in plaas van die verkeerde te doen; met ander woorde, om jou daarvan te bekeer. Maar daar is ‘n oplossing.

Isaac Newton se derde bewegingswet bepaal dat daar vir elke aksie ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie is. Weet jy, dieselfde is waar op geestelike gebied. Wanneer ons besluit om weg te draai van dít wat ons weet verkeerd is, sal die duiwel beslis agter ons aankom om ons weer na die sonde te probeer terugsleep. Daarom is die gedeelte waarna ons gister gekyk het so belangrik:

2 Tessalonisense 3: 3,4 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. Verder gee die Here ons sekerheid oor julle, dat julle dit wat ons vra, doen en sál doen.

God stry saam met jou; Hy versterk jou en Hy beskerm  jou… daarom kan jy jou uitdaging met absolute vertroue aanpak. Ons lees wat die apostel Paulus aan sy vriende in die gemeente van Tessalonika skryf in:

2 Tessalonisense 3: 5 Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee.

Hy en sy span het gebid dat hulle standvastig in hul stryd sal wees, God bo alles in hul lewens sal stel en God sal eer. Hulle bid dat hul vriende die liefde van God in hulle harte sal ervaar en dat hulle sal onthou hoe Jesus doelgerig vir hulle na die Kruis gegaan het.

En dit … dit is ook my gebed vir jou. Mag jy met geloof vasstaan in jou bekering. Mag die Heilige Gees jou hart vul met die liefde van God en jou voortdurend herinner aan Christus se trou. 

Dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag.