... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geveg op Geveg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het.

Listen to the radio broadcast of

Geveg op Geveg


Download audio file

God maak baie beloftes in sy Woord. Dit is egter ‘n ander saak om sy beloftes te ervaar en om elke dag vanuit daardie beloftes te leef.  Wat dink jy?

Ons word soveel dinge in die lewe belowe, soveel … en tog word so baie beloftes nooit bewaarheid nie. Sukses kan op die ou end leeg voel. Verhoudings kan teleurstel. En ongelukkig ervaar baie mense ook dat God se beloftes nie in vervulling gaan nie.

Dit lyk asof Jesus soveel vir ons belowe het – vrede, vreugde, ‘n oorvloedige lewe – maar op die een of ander manier voldoen die beloftes nie aan die verwagtinge nie.

Die arme Israeliete. Hoe moes hulle gevoel het? Hier staan hulle en  sien uit na die vervulling van God se belofte. Na eeue van slawerny in Egipte, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, lê die Beloofde Land, wat God al jare tevore aan Abraham belowe het, voor hulle.

Maar hierdie “Beloofde Land” wat aan húlle beloof is, word alreeds deur ‘n hele klomp stamme en nasies bewoon. Dit sal geveg op geveg van hulle vra om hierdie land hul eie te maak.

Was dit regtig een van God se beloftes? En as dit was, hoekom sou hulle moes veg daarvoor?

Kyk hoe God die vrae beantwoord het in:

Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het..

Ja, dit het geveg op geveg van hulle gevra, maar hulle het die getrouheid van God eerstehands ervaar. Hulle het vasgehou aan God se belofte.

“Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou…”

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge