... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geen Lekkerkry Sonder Swaarkry Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Listen to the radio broadcast of

Geen Lekkerkry Sonder Swaarkry Nie


Download audio file

As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, is dit baie maklik om uit die oog te verloor dat God met jou karaktervorming besig is. Hou moed, God doen iets goeds … iets wonderliks!

As daar iets in die lewe is, wat ek regtig verpes… is dit om te hardloop. Tydens my militêre opleiding destyds, moes ons baie hardloop en ek wil jou vertel dat dit iets is waarvoor my liggaam beslis nie gebou is nie. Ek onthou nog die pyn in my bene, die gehyg na asem, die gevoel dat my longe gaan ontplof.

Snaaks genoeg jy kon my ‘n swaar rugsak en masjiengeweer gee en ek sou dae lank oor berg en dal stap, terwyl baie van daardie hardlopers, wat my in die stof laat byt het destyds, tydens die staptog van uitputting omgekap het.

Dit kom neer op uithouvermoë en ek dink ons ​​verskil almal op die manier waarop ons dit ontwikkel … maar soos ons ‘sa’majoors’ (God seën hulle!) op ons geskree het: Geen lekkerkry sonder swaarkry nie!

In Romeine 15: 4 staan: Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Die woord standvastigheid beteken letterlik uithouvermoë of deursettingsvermoë. En die ‘sa’majoors’ het gelyk, daar is net een manier om uithouvermoë te kweek en dit is die moeilike manier, die pynlike manier, die manier waarop jou longe amper sal ontplof. Daar gebeur iets wonderliks wanneer ons daardie uithouvermoë ontwikkel, terwyl God ons deur sy Woord aanmoedig…

Die Here ons God wek ‘n hoop in ons harte wat ons nooit verlaat nie. ‘n Hoop wat nooit teleurstel nie.

sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge