... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gebraaide Lamsvleis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 12:27 Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”

Listen to the radio broadcast of

Gebraaide Lamsvleis


Download audio file

Ja, my vriend, hier is ons in die Paasfees-week, besig om in ons gedagtes terug te gaan na daardie Paasfees, die tyd toe Jesus verraai en gekruisig is. Onthou jy, die Pasga is destyds, soos vandag nog, met ‘n maaltyd gevier. Gebraaide lamsvleis.

In die meeste lande van die wêreld is daar ‘n tradisie om op ‘n sekere dag die gesneuweldes in oorloë se lewens te herdenk en daardie vieringe behels altyd ryk simboliek. Dieselfde geld vir ons met Paasfees, wanneer ons Jesus se kruisiging herdenk. Dit stem ooreenkom met die Pasga-fees van die Jode.

Een van die name wat in die Skrif aan Jesus gegee word, is “die Lam van God.” Die idee van die offerlam wys terug na die nag, omtrent ‘n millennium en ‘n half vroeër, toe God deur die laaste van tien plae, sy volk van slawerny in Egipte bevry het.

Om Farao te oortuig om sy volk te laat gaan, het Hy die doodsengel deur die land gestuur om elke eersgebore kind en dier in die land dood te maak. God het die Israeliete beveel om ‘n lam, sonder gebrek, te neem, dit dood te maak en die bloed aan die deurkosyne van hulle huise te verf, sodat die doodsengel hulle huise sou oorslaan en nie hulle eersgeborenes sou doodmaak nie. Dit is inderdaad wat gebeur het, en dit is wat die Pasgafees herdenk. Ons lees in:

Eksodus 12:27 Dit is ‘n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”

En daarom word Jesus die Lam van God genoem, want wanneer ons in Hom glo, en aan sy bloed wat Hy vir ons aan daardie Kruis gestort het, word ons van die ewige dood gered. …sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Dit is Jesus, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy