... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Drie Blinde Muise

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 12:4-6 Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.

Listen to the radio broadcast of

Drie Blinde Muise


Download audio file

Het jy al ooit gewonder, hoekom kan iemand anders dinge insien wat ek nie kan nie? Hoekom kan ek dit nie verstaan nie? Wat is fout met my? Jy is glad nie ‘n uitsondering nie. Ons voel dikwels so ontoereikend. Maar miskien is dit presies hoe dit altyd bedoel was om te wees.

‘n Paar jaar gelede het ek en twee kollegas ‘n nuwe onderneming begin. Dit was regtig baie opwindend … maar wat interessant was, was die verskillende rolle wat elkeen van ons gespeel het.

Keith was die een wat die visie gehad het om dinge aan die gang te kry. Hy is die soort ou wat dikwels dinge raaksien, wat die res van ons nie sien nie. Toe hy die idee die eerste keer met my bespreek het, kon ek dit nie verstaan nie. Dit het my eintlik ‘n hele rukkie geneem om sy idee te snap.

Die ander vennoot – Glenn – is weer goed met die organisering van geleenthede. Hy weet instinktief watter dinge hy nodig het om alles voor te berei en dit dan te doen. Hy het dinge raakgesien wat ek nie gesien het nie.

En ek … ek is die ou wat die nodige materiaal skep, en die projek in die regte rigting stuur. Die ander twee ouens kon my stukkie van die legkaart ook nie aan die begin raaksien nie.

Eintlik was dit soos die storie van die drie blinde muise. Eers toe ons koppe bymekaar gesit het, kon ons die hele prentjie sien.

En ek vermoed dat dit ook is hoe God dit altyd wou hê.

Dink mooi daaroor as ons in 1 Korintiërs 12: 4-6 lees:  Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.

Nie een van ons kan dit alleen doen nie

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge