... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit Is Wel met my Siel (6)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dit Is Wel met my Siel (6)


Download audio file

Daar is iets in die halleluja liedere van weleer wat ons diep aanraak. Maar dit is tragies hoe ons met die moderne verkorte aandagspan wat ons deesdae het, hierdie gesange afskeep.

En die tragedie is dat ons baie selde al die verse van ‘n lied sing. In die Engelse weergawe van It is Well With My Soul is daar ses verse. Maar wanneer dit in die meeste kerke gesing word, stop hulle sommer by vers drie. Hoekom?

Omdat dit eenvoudig te lank neem om al ses verse te sing. In ‘n wêreld waar betekenisvolle kommunikasie deur tegnologie oorgeneem is, mis ons dikwels alles wat God vir ons wil sê. Het jy al opgelet hoe dit ons selde van ons slimfoonskerms laat opkyk. Nou ja, hier is die sesde en laaste vers van hierdie groot lofsang waarvan daar in Afrikaans nie eers ‘n sesde vers bestaan nie: 

And Lord, haste the day when the faith shall be sight, 

The clouds be rolled back as a scroll; 

The trump shall resound, and the Lord shall descend,

A song in the night, oh my soul!

Dit maak nie saak hoe goed of sleg jou lewe op hierdie aarde is nie – of jy van jou huidige omstandighede hou en vir ewig daaraan wil vasklou – of dit vir jou aaklig is en jy wens dat dit verby was – hier is die waarheid in:

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke! Elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; al die nasies op aarde sal jammerlik oor Hom huil. Ja, amen! (NLV)

Doen jouself ‘n guns. Kyk op. Sing die laaste vers, want die wolke sál terugrol en die basuin sál weerklink. Dit is wel, dit is wel met my siel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.