... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit is Wel met my Siel (3)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 2:14 Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dit is Wel met my Siel (3)


Download audio file

Het jy al ooit ‘n verskriklike voorgevoel gehad dat iets slegs jou gaan tref? Maar dan, ewe skielik, gebeur daar iets wat jou vrees wegneem en daardie groot las verdwyn soos mis voor die môreson.

As jong man het ek dekades lank in die wildernis rondgedwaal. Ek het geweet dat daar ‘n God is, maar ek was te bang om na Hom toe te gaan, want ek het geweet dat ek sonde doen en dat die manier waarop ek my lewe geleef het, sy oordeel en straf verdien. 

Miskien is daar iets in jou lewe wat jy weet nie vir God behaag nie? Hierdie gevoel vreet aan jou siel.

Hier is die derde vers van die pragtige lied, It is Well With My Soul, geskryf deur Horatio Spafford op ‘n tyd van sy lewe toe hy amper alles verloor het wat vir hom kosbaar was – al vyf sy kinders is dood en sy aardse besittings is deur ‘n vuur verwoes.

So sing ‘n man wat verstaan wat Jesus vir hom gedoen het …

Voorheen het die sonde gedurig gekwel,

 en dikwels my vreugde verteer;

 nou’s alles vergeef en geheg aan sy kruis:

 O my siel, loof die Heer, loof die Heer! 

En dit is inderdaad ‘n heerlike gedagte dat al ons sonde, nie net gedeeltelik nie, maar as geheel, van ons weggeneem is. Hoekom? Omdat dit aan die kruis vasgespyker is deur dít wat Jesus vir ons gedoen het, sodat ons nie daarmee hoef saam te leef nie.

Kolossense 2:14 Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.(NLV)

O my siel, loof die Heer, loof die Heer!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.