... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit Is Beter Om Op die Here te Vertrou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 118:9-12 Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou. Nasies het van alle kante af op my afgestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het soos bye om my gepak, maar hulle het verdwyn soos doringtakke in 'n vuur. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.

Listen to the radio broadcast of

Dit Is Beter Om Op die Here te Vertrou


Download audio file

Ons het almal vyande. Ons wens ons het nie gehad nie, maar ons het tog. Daar is sekere mense wat miskien jaloers is. Daar is dalk ander mense vir wie ons miskien te nagekom het. Dan is daar mense met wie ons glad nie klaarkom nie, omdat ons so baie van mekaar verskil.

Moenie my verkeerd verstaan ​​nie, nie elke vyand daar buite wil ons doodmaak nie, maar daar is tog dié mense, wat sal verkies dat ons misluk of teëspoed kry. Daar is dus mense wat ons beslis nie voorspoed sal toewens nie. Dit is nie lekker om aan sulke mense te dink nie; maar hulle is nie aangename mense nie en hulle lok onaangename reaksies uit.

Ons lees in die Ou Testament van baie gebede van God se volk vir oorwinning oor hulle vyande. Soos die een in

Psalm 118:9-12 Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou. Nasies het van alle kante af op my afgestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan. Hulle het soos bye om my gepak, maar hulle het verdwyn soos doringtakke in ‘n vuur. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.

Wel, eintlik is dit ‘n oorwinningslied. Dit vertel van hoe God telkemale die volk uit doodsgevare gered het. Maar wat beteken dit vandag vir ons? Kan ons dit op óns vyande toepas?

Ons vertrou alte dikwels op die verkeerde dinge. Ons vertrou op charismatiese leiers of ander mense, in onsself en ons vermoëns, en wie weet wat nog. Maar ons weet tog, dit is beter, baie beter, om op die Here te vertrou; want dan is ons vertroue in sy volmaakte oordeel. Dan is ons vertroue in sy krag. Dan is ons vertroue op Hom en ons weet dat Hy op die regte tyd die probleme sal hanteer.

Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou. 

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.