... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Tyd om te Blom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Listen to the radio broadcast of

Dis Tyd om te Blom


Download audio file

As jy vandag na jou lewe kyk, sou jy kon sê dat jy vervuld voel of nie? Vertel my, sal jy kan sê jy ‘blom’?… of nie?

’n Plant floreer in goeie grond, met net die regte hoeveelheid sonlig, die regte dreinering en so meer, nie waar nie? Maar wanneer jy daardie selfde plant in ‘n ander deel van die tuin verplant, miskien iewers met te veel skaduwee, of waar dit nie heeltemal genoeg water kry nie, of in slegte grond, kan dit dalk oorleef, maar dit sal nooit floreer nie. Die blare en die blomme en ook die vrugte sal nooit tot sy reg kom op die manier waarop dit bedoel was nie.

Daardie prentjie van ‘n plant wat floreer (of nie) is ‘n goeie manier om na ons lewens te kyk. Vra jouself af: Op watter plek is jy? Is jy besig om te groei? En leef jy werklik dié lewe, wat Jesus vir jou gegee het? Dié lewe waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het, of nie?

Ek vra weer: Floreer jy, of nie? Dit is ‘n moeilike vraag, maar beantwoord dit eerlik vir jouself. Ons lees in:

Johannes 8:31,32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Een van die grootste redes wat ek sien waarom mense wat in Jesus glo, nie regtig floreer nie –  nie regtig die oorvloedige lewe leef, wat Hy vir hulle kom gee het nie – is dat hulle nie na Hom luister nie.

Hulle leef die lewe wat die wêreld daar buite as suksesvol sou bestempel, maar dit werk nie. Maar wanneer jy die lesse wat Jesus leer, jou eie maak, en wanneer jy dit as die waarheid aanvaar, begin jy dit uitleef: Jy gehoorsaam Hom … dit maak jou vry, en uiteindelik begin jy blom. Uiteindelik word jy die mens wat Hy jou gemaak het om te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.