... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vloek van Middelmatigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 6:4,5 Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Die ministers en die goewerneurs-generaal het toe iets teen Daniël probeer kry oor die manier waarop hy die administrasie behartig het, maar hulle kon nie. Hulle kon ook geen onreëlmatigheid vind nie, want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Vloek van Middelmatigheid


Download audio file

As ons met ‘n gesindheid van uitnemendheid werk, is dit skokkend om te besef dat nie almal daarvan hou nie. Dit lyk asof ons gesindheid van uitnemendheid die demone van middelmatigheid kwaad maak.

Om een ​​of ander eienaardige rede het ek nog altyd graag geleer. Op skool het ek hard gestudeer, nie omdat ek moes nie, maar omdat ek wou. Ek het dus gereeld eerste gestaan in my klas.

As gevolg hiervan het party kinders my sleg behandel. Ek was daardie ‘bleeksiel’ wat deur die ‘’in-groep” verwerp is. Ek kon dit nie verstaan ​​nie. My ma het my probeer troos deur te sê dat die ander kinders jaloers was. Nou-ja, dit het nie vir my sin gemaak nie.

Gister het ons gesien hoe Daniel na die top van koning Darius se leierspan beweeg het en aan die hoof van die koninkryk gestaan het … alles vanweë sy gees van uitnemendheid.

Daniël 6: 4,5 Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Die ministers en die goewerneurs-generaal het toe iets teen Daniël probeer kry oor die manier waarop hy die administrasie behartig het, maar hulle kon nie. Hulle kon ook geen onreëlmatigheid vind nie, want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.

Uiteindelik het sy eertydse kollegas die koning mislei, en dit het Daniël in die leeukuil laat beland (ons praat môre meer daaroor). Die kern is dat wanneer ons met ‘n gesindheid van uitnemendheid werk, sal ons inderdaad die demone van middelmatigheid, wat in sommige van die mense woon, laat opstaan.

Uitnemendheid bring ongelukkig kritiek en maak vyande. Lewer ten spyte daarvan, uitnemende werk.

…want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.