... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Toorn van God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90:7-11 Ons vergaan onder u toorn, ons gaan te gronde onder u gramskap. U sien ons oortredinge raak, U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig. Onder u toorn vlieg ons dae en skiet ons jare verby soos 'n gedagte. Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe. Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars? Wie ken u gramskap beter?

Nou-ja, ek moet bely dat wanneer ek versies uitkies om elke dag met jou te deel, is daar sommiges wat ek liewer sou wou vermy. Hoekom? Omdat party van die dinge wat God vir ons sê, glad nie lekker is om te hoor nie!

Vandag is een van daardie dae. Ons het die week afgeskop met ‘n gebed van Moses in ‘n paar verse van Psalm 90. Die eerste paar verse is opheffend. Hulle is vol goeie nuus, die soort nuus wat ek en jy geniet om te hoor. Maar kyk wat volg nou:

Psalm 90: 7-11 Ons vergaan onder u toorn, ons gaan te gronde onder u gramskap. U sien ons oortredinge raak, U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig. Onder u toorn vlieg ons dae en skiet ons jare verby soos ‘n gedagte. Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe. Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars? Wie ken u gramskap beter?

Ontstellende nuus, nè! God sien al ons sondes, die verborge sondes, die dinge wat ons dink niemand anders kan sien nie. En dit maak Hom kwaad. Om dit nog erger te maak, leef ons net een maal en voordat jy weet, is dit verby. Indien ons die deel oor God se toorn nie mooi verstaan het nie, herhaal Moses dit telkens:

Wie ken die krag van u toorn… u gramskap? 

Maar, weet jy, daar is ‘n oplossing. Daar is ‘n manier om die volle krag van God se toorn te ontkom. Is jy gereed om te luister?

Laat jou vrees en respek vir God net so groot wees soos sy toorn.

Dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag.