... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Selfoon

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe:” Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig,en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.

Listen to the radio broadcast of

Die Selfoon


Download audio file

Wanneer iets sleg met ons gebeur, as ons seergemaak word, is ons reaksie om deur die lens van daardie pyn na ons omstandighede te kyk. Dit is net natuurlik, maar dit gee ons ‘n verwronge perspektief op wat regtig aangaan.

My goeie vriend, Graham, en ek, was onlangs by ‘n aanbieding toe ek per ongeluk my glas water opstamp. Hy leun oor en sê: “Moenie sleg voel nie, ek het vanoggend my selfoon in die toilet laat val.” Ons het albei lekker daaroor gelag!

Maar dit het my aan die dink gesit. Graham is een van die ordentlikste mense wat jy kan kry. Hy het sy lewe daaraan gewy om God regoor die wêreld te dien, en ten spyte daarvan laat God toe dat sy selfoon in die toilet val. Het jy al ooit gewonder, waarom God dit toelaat?

En so dikwels voel dit baie erger as slegte dinge met goeie mense gebeur. Dit voel net nie reg nie, of hoe? Ek het geen antwoorde nie, maar God se weë, is nie altyd ons weë nie.

Hy het immers sy Seun vir jou en my aan ‘n kruis laat sterf. Dit was wreed en nee, dit was nie regverdig nie. Ek sou soms graag wou weet waarom HY hierdie dinge laat gebeur, maar as ek na daardie kruis kyk, dan dank ek God dat Hy dit laat gebeur het. Daar staan in:

1 Korintiërs 1: 18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe:” Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.

Ons sal dikwels nie weet waarom ons onregverdig moet ly nie. Maar wat ons wel weet, is dat Jesus dit eerstehands ervaar het. Hy weet wat dit beteken om self onregverdig te ly.

Dit is Sy Woord. Vars‚ vir jou‚ vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge