... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag Wat jy Nodig Het

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

Het jy ook al, soos ek, probeer om iets in jou lewe wat verkeerd is, reg te maak? Dit wil net nie werk nie, nè? Dit lyk asof al jou pogings misluk, maar dan kom daar ‘n oomblik wanneer jy besef dat iets ontbreek.

Ek is seker jy het ook al daardie ervaring gehad. In teorie behoort ons tog daardie een knaende sonde wat aanhoudend terugkom, te kan oorwin? Maar teorie is nie genoeg nie. Iets skort.

En daardie iets, is krag. Werklike krag. Krag wat oorwin. Krag wat ons sonde uitroei. Krag wat ons vrymaak om ‘n nuwe lewe te leef, want dit is tog die hele doel van Jesus se dood en opstanding soos ons ook duidelik in Romeine 6:4 gesien het.

Het jy al ooit gewonder waarom Jesus, nadat Hy opgestaan het; nadat Hy sy aan sy dissipels verskyn het, en nadat Hy na die hemel opgevaar het, Hy die Heilige Gees gestuur het om in elke gelowige te woon?

Ons lees in Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

Een van die hoofredes vir hierdie gawe, is dat die Gees van God ons heilig maak – rein, skoon en afgesonder van die verderf van hierdie wêreld, sodat ons God se wil kan doen. En dit is daardie Heilige Gees-krag, wat ek en jy elke dag, as ons ons sonde wil oorwin, nodig het.

John Owen in sy 17de-eeuse klassieke boek “Of the Mortification of Sin” skryf: die mens kan makliker sonder oë sien en sonder ‘n tong praat, as om een sonde sonder die Gees te oorwin, of soos hy dit stel, dood te maak.

In Christus is jou sondes vergewe. Deur die Gees word sy krag vrygestel, sodat jy in jou nuutgevonde vryheid kan leef. Heilige Gees-krag. Dit is die gawe van God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.