... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Goedheid van God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:7 sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

Hoekom? Waarom het God jou gekies? Hoekom het Hy jou so jammer gekry dat Hy sy Seun gestuur het, sodat jy gered kan word van die ewige dood? Het jy al ooit gewonder waarom? Hoekom ek?

Jy is een van die uitverkorenes as jy opreg in Jesus glo. As jy glo dat Hy die Seun van God is, dat Hy gesterf het om vir jou sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om jou ‘n nuwe lewe te gee. Jy is uitverkies as jy jou hele lewe in Sy hande gegee het. Kom ons kyk na ‘n paar verse waaroor ons die afgelope paar dae gesels het:

Efesiërs 2: 4-6 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,

Is dit nie wonderlik nie? Dis versies wat ons weer en weer moet lees. Dink net daar’s ‘n ewigheid voor ons, deur dit wat Jesus vir ons gedoen het. Laat dit insink. Hoekom het Hy dit gedoen? Hoekom ek? Hoekom jy?

Efesiërs 2: 7 sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

Sien jy nou? Sodat sy genade vir alle mense sigbaar sal wees. Sodat mense sal weet wie Hy is, wanneer hulle sien wat Hy in ons lewens gedoen het.

Kom laat ons lewens lei wat sy goedheid en die rykdom van sy genade weerspieël, sodat dit mense wat Hom nog nie ken nie, sal aantrek.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.