... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Essensie van Paasfees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:5 Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Die Essensie van Paasfees


Download audio file

Ja, daar is nog ‘n Paasfees om die draai en terwyl ons hierdie jaarlikse vieringe, herdenkings, feeste, of wat ons dit ook al wil noem, as vanselfsprekend beskou, watter betekenis het dit vir jou? Is dit regtig sinvol?

Paasfees het vir my jare lank eenvoudig nie sin gemaak nie. Die samevatting – Paasfees in ‘n neutedop – is die volgende: Jesus, die Seun van God, het gesterf om vir ons sonde, joune en myne, te betaal. Toe staan ​​Hy weer op om ons die oorwinning oor die dood, en vir elkeen wat dit glo, die gratis gawe van die Ewige Lewe te gee. Dis dit.

Maar weet jy, die ding wat my altyd gepla het, was hierdie gekke idee dat … ek bedoel, ek kon nie verstaan waarom sou God sy eie Seun stuur om vir my sonde aan die kruis te sterf? As ek so ‘n gemors van my lewe gemaak het, waarom kan ek nie net na God gaan en sê: “Haai kyk God, ek is jammer.” God kon my tog sekerlik net vergewe. Dit is nie onredelik nie.

Ek het onlangs ‘n vriend gehad wat sy rybewys verloor het, omdat hy die spoedgrens oortree het. Dink jy hy kon voor die regter gaan staan en sê: “Haai kyk regter, ek is jammer.” Sou die regter hom op die plek vergewe? Dis mos nie onredelik nie?

Natuurlik is dit … omdat geregtigheid altyd vereis dat ‘n prys betaal word om dinge reg te stel; of dit nou is om ‘n lisensie te verloor, ‘n tyd lank tronk toe te gaan … of inderdaad jou lewe te verloor. Ons lees in:

1 Johannes 3:5 Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. (AFR20)

In plaas daarvan, dat ons die pyn moet dra van die straf wat God se geregtigheid eis, het God na ons gekyk, ons jammer gekry, en sy Seun in ons plek gestuur om ons sonde weg te neem.

Geregtigheid eis ‘n prys. Jesus het daardie prys vir jou en my betaal. Dis Paasfees.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge