... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Emosionele Waas

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 3:4 n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,

Listen to the radio broadcast of

Die Emosionele Waas


Download audio file

Was jy al ooit op reis onverwags deur ‘n digte mis oorval terwyl jy nog ewe lekker gery het? Daardie gevoel wat jy ervaar as jy ewe skielik niks kan sien nie. Dit is ‘n aaklige gevoel, nè?

Daar is tye in die lewe wanneer ons emosies ons soos ‘n digte mis omvou. Miskien het daar iets verskrikliks met jou gebeur, en die hartseer het jou in so ‘n mate oorweldig, dat dit moeilik is om te funksioneer. Of dalk het daar iets absoluut fantasties gebeur, en die euforie laat jou bo die grond sweef, tot op die punt waar niks anders in die lewe saak maak nie.

Emosies het ‘n geweldige groot invloed op ons. Ons het elkeen ‘n verstand, ‘n wil en dan het ons ons emosies. Maar soms, kan positiewe of die negatiewe emosies die oorhand kry.

Dit is vir my interessant dat God se Woord, die Bybel, iets te sê het oor byna elke situasie in die lewe; ook oor ons emosies. Ons lees in:

Prediker 3:4 (Daar is) ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans,

Of dit nou ons trane, of borrelende vreugde is, of dit nou ‘n diep hartseer of ‘n dans van vreugde is, ons emosies kan ons oorweldig. Dit kan ons in ‘n mis omvou wat dit vir ons moeilik maak om die pad vorentoe te sien. Gedurende daardie tye van verhoogde emosies, moet ons rem trap. Ons moet ‘n bietjie stadiger word, dink, bid, en tyd by God spandeer – want as jy teen dieselfde spoed aanhou vorentoe jaag, gaan jy uiteindelik in ‘n groot verknorsing beland.

Ja, daar is tye in die lewe vir trane en vir lag. Party dae bevind ons onsself in ‘n diep gat van hartseer, ander kere dans ons van vreugde. Maar onthou altyd, jou Koning is steeds op sy troon. Moenie toelaat dat jou emosies die oorhand oor jou kry nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.