... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Bitter Smaak van Sukses

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Timoteus 6:10 Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

Listen to the radio broadcast of

Die Bitter Smaak van Sukses


Download audio file

Watter prentjie skets jy in jou gedagtes wanneer jy stil word en aan jou toekoms dink? Wat is die dinge waarna jy smag? Hoe lyk jou perfekte toekoms in jou verbeelding?

Sukses. Dit is sekerlik waaroor die lewe gaan. As ek net met daardie perfekte man (of vrou) kon trou. As ek net ‘n werk kan kry wat goed betaal en vir my die perfekte loopbaan kan bou. As ek net daardie nuwe motor en daardie waterponie  – of soos ons hom ken ‘jet ski’- kan kry. En wat van daardie duur uitrusting wat ek nog altyd wou hê… Sou dit nie wonderlik wees as mense sou wens om soos ek te lyk en te besit wat ek het nie? Ja, dan … dan sal ek gelukkig wees.

Daar het jy dit. Daardie hunkering na die soet, soet smaak van sukses. En dit is hoe baie mense dink. Ek weet, want ek het ook vroeër so gedink. Dit is hoe ons kondisioneer is om te dink.

En nou dink ons dat God net agter ons aan moet drentel om al ons grille en begeertes te vervul.

Ongelukkig is daar so baie mense wat hulle hele lewe daaraan wy op soek na daardie soort sukses. Hulle offer alles op vir ‘n onwerklike beeld van sukses, wat as aas voor jou uitgehou word deur goed betaalde mense wat met jou kop smokkel. Maar ons lees in:

1 Timoteus 6:10 Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

Dit is wat vlak, wêreldse sukses is. Waar jy soetheid verwag, ontdek jy bitterheid. Natuurlik kan jy dít kry waarna jy gestreef het – die huwelik, die salaris, die loopbaan, wat ook al … maar jy kry ook ‘n hele klomp probleme wat jy nooit, in jou wildste drome, verwag het nie.

Sukses. Dit is soms net ‘n hersenskim!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge