... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Christus is in Julle

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 15:4,5 Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Listen to the radio broadcast of

Christus is in Julle


Download audio file

Dit is so maklik om op ‘n halfhartige manier in Jesus te glo, en om jou alledaagse lewe los van Hom te lei. Dit is asof jy in twee verskillende rigtings getrek word. En uiteindelik moet een wen.

Enigiemand wat in Jesus glo, het dit al ervaar. Jy voel soos ‘n skynheilige en jy lyk beslis ook soos een. Die Britse evangelis Smith Wigglesworth het dit so gestel:

Die rede waarom die wêreld nie vir Jesus sien nie, is omdat Christene nie met Jesus vervul is nie. Hulle is tevrede om weeklikse vergaderings by te woon, die Bybel af en toe te lees en soms te bid. Dit is vir my ‘n vreeslike ding om mense te sien wat bely dat hulle Christene is, terwyl hul lewens nie slegs kragteloos en magteloos is nie, maar so ooreenstem met ongelowiges se lewens, dat dit moeilik is om te sê of hulle in die vlees of in die Gees leef.

Ek wonder hoe geredelik jy jouself daarmee kan vereenselwig; en of daar selfs net ‘n bietjie skort in jou oorgawe aan Jesus. Indien wel, dan is dit nou die tyd om iets daaromtrent te doen. Vandag is die dag om jou saak met Jesus reg te maak, want die antwoord lê in Hom. Hy het dit so gestel:

Johannes 15:4,5 Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

“Bly” is ‘n sterk woord. Wanneer ons Jesus toelaat om ons denke en gedrag te bepaal, is ons soos daardie wingerdstok wat baie vrugte dra.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.