... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Blye Versekering

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 10:22 laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Listen to the radio broadcast of

Blye Versekering


Download audio file

Daar was al baie keer wat ek, as volgeling van Jesus, pynlik bewus geword het van my onwaardigheid. Kere wat ek gevoel het dat ek nie sy liefde verdien nie. Wat van jou? 

In ‘n wêreld waar ons oor die algemeen dinge moet koop, is die idee dat God se liefde vryelik oor ons uitgestort word, sonder dat ons iets daarvoor hoef te betaal, soms … ja, nogal dikwels … moeilik om te verstaan.

In ons wêreld moet ons geld verdien. Ons moet respek verdien. Ons moet amper alles verdien. Hoekom? Want in ons wêreld is dit onvermydelik dat daar ‘n prys betaal moet word. En omdat die betalery so deel van ons is, vind ons dat wanneer ons God faal, dit moeilik is om te aanvaar dat ons nog ‘n keer na Hom toe moet gaan en vergifnis vra. Ons vind dit moeilik om te aanvaar dat daar nie ‘n prys is om te betaal nie. En ons skuldige gewete keer ons dikwels om vinnig na Hom toe terug te gaan en Hom vir die soveelste keer te pla. Maar hier is die goeie nuus …

In Hebreërs 10:22 staan: laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Maar weet jy, as ons Hom faal, kan ons weet dat Jesus klaar die prys betaal het. In daardie situasies kan ons weet dat Hy vir ons gesterf het. Op daardie dae was die bloed van Christus – Sy soenoffer – ons gewete skoon; was Hy ons ​​hele wese skoon. In daardie situasies kry ons daardie blye versekering …

laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid in Christus.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.