... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bla, Bla, Bla

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:22 Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Bla, Bla, Bla


Download audio file

Prediking, preke … het dit regtig nog in die 21ste eeu bestaansreg? Wie stel vandag nog belang daarin, as ‘n YouTube-video van vier en ‘n half minute te lank is om ons aandag te hou? Sekerlik nie veel mense nie. Dit is uitgedien. Of is dit nie?

Ek onthou toe ek as ‘n jong seun kerk toe gesleep is om vir ‘n uur op ‘n harde kerkbank stil te sit. ‘n Volle uur, kan jy dit glo? Om nie eers van die preek te praat nie;  ‘n man wat net daar staan en vervelig voortdreun.

Wat my betref kon hy net sowel “Bla, bla, bla,” gesê het. Ek dink nie ek is die enigste volwassene met daardie herinneringe nie. En ek is sekerlik ook nie die enigste wie se persepsie van wie God werklik is, hierdeur vertroebel is nie.

Vroeg in sy openbare bediening het Jesus by ‘n sinagoge in Kapernaum ingegaan en die mense begin onderrig. Maar as jy lees, sien jy dat Jesus se toehoorders dit heeltemal anders ervaar het, as hoe ek dit in my jonger jare moes verduur.

Markus 1:22 Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie. (AFR20)

Waarom was dit? Waarom was sy leer en prediking so anders as die preke waaraan hulle gewoond was?

Omdat Jesus bemagtig was deur die Heilige Gees, het  Jesus, die Woord van God, slegs gesê wat God wou hê Hy moes sê, en daarom was daar ‘n egtheid wat niemand kon mis nie. Dit was klokhelder.

Indien jy ooit moet preek, sorg dat dit aan hierdie twee vereistes voldoen: dat dit deur die Gees bemagtig word en waar en eg volgens die Skrif is.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge