... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bid vir die Tyd van Beproewing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 139:23,24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

Listen to the radio broadcast of

Bid vir die Tyd van Beproewing


Download audio file

Nie een van ons wil graag swaarkry nie, of hoe? Jesus het ons immers geleer bid: en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose? Het Hy nie?

Dit is interessant hoe dit lyk asof party verse in die Bybel mekaar weerspreek. Wat gaan aan? As ons aanneem dat God nie ‘n fout begaan nie, bedoel Hy dat al die verse daar is met ‘n doel en dat ons saam moet uitvind wat dit beteken.

Hier is ‘n vers wat lyk asof dit in skrille kontras staan met wat Jesus ons geleer het:

Psalm 139: 23 en 24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

Dis ‘n dapper vers om te skryf, nè. Deurgrond my … deurgrond my hart. Die oorspronklike Hebreeuse teks dui op ‘n praktiese verhoor en toetsing. Dawid vra God om hom te lei deur wat God ook al nodig ag, om te verseker dat hy op die regte pad is. Hoekom? Omdat hy reeds besef het, dat hy vir God moet vra om sy motiewe te ondersoek nadat hy, net ‘n rukkie vantevore, sulke kras woorde teenoor sy vyande uitgespreek het. 

Psalm 139: 19-22 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? Ek haat hulle met ‘n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.

Dit is kras, nè: Ek haat hulle met ‘n uiterste haat! Al voel dit miskien geregverdig, weet Dawid dit is nie. Daarom pleit hy dat God hom moet verhoor,ondersoek en toets; om die motivering van sy hart te ontbloot. Hierdie pleidooi demonstreer ‘n God-bo-alles-benadering tot die lewe.

Stel jy God bo alles in jou lewe?

Here Deurgrond my, … deurgrond my hart, ondersoek my…. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.