... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beter of Bitter?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:15 Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.

Listen to the radio broadcast of

Beter of Bitter?


Download audio file

Soms kan die slegte dinge wat met ons gebeur, ons seermaak, ons verwond. Maar God wil daardie wonde genees. Ja, soms laat dit ‘n litteken; dit verander ons in die proses, maar dit genees beslis. Maar tog te dikwels laat mense die wond nie toe om te genees nie. In plaas daarvan om beter te word, word hulle bitter.

Teëspoed beïnvloed baie dinge in ons lewens: dit tas ons selfrespek, en ons selfbeeld aan. Dit laat ons twyfel aan ons vermoëns. Ons begin wonder oor die moontlikheid of ons suksesvol sal wees, al dan nie. Dit affekteer selfs ons houding teenoor ander mense… om net ‘n paar aspekte te noem…

Dit is belangrik om oor hierdie dinge te praat, want die invloed van teëspoed – ‘n invloed wat ‘n belangrike rol in jou en my lewens speel – kan ons ten goede of ten kwade beïnvloed. Dit kan ons beter of bitter maak.

Hoeveel mense ken jy byvoorbeeld, wat verbitterd is? Mense wie se lewens op die een of ander manier verwond is deur die seer en die wonde van die verlede wat hulle met hulle saamdra.

En net hier dring God se genade deur, omdat Jesus – soos Hy in sy eie woorde gesê het – Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep. (Luk 4:18)

Hier is dus ‘n kragtige waarheid wat jou kan help om jou van die bitterheid in jou hart te bevry:

Hebreërs 12:15 Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.

Die oorspronklike Grieks verwys na die “wortel van bitterheid” en jy weet die plant se wortel bepaal die uitkoms van die vrug. Kom na Jesus toe, as jy genesing van die bitterheid in jou verlede, wat jou gevange hou, wil hê. Ervaar sy genade – sy onverdiende guns teenoor jou.

Jesus het gekom sodat jy beter kan wees, nie bitter nie. Genade.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.