... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Sal die Bose Tot Niet Gaan?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Sal die Bose Tot Niet Gaan?


Download audio file

Met alles wat dwarsdeur die wêreld aangaan, vra baie van ons onsself die vraag af: wanneer gaan hierdie verskriklike boosheid eindig? En dit is glad nie ‘n onredelike vraag nie. Wanneer gaan dit eindig?

Waarom laat ‘n God van liefde al hierdie oorloë toe? Oorloë, waarin soveel onskuldige slagoffers; baie van hulle kinders; vermoor, vermink, of getraumatiseer word? Hoekom word die rykes ryker en die armes armer? Hoekom laat Hy hierdie een spesifieke persoon in my lewe met sy verskriklike, vernietigende gedrag wegkom? As Hy dan ‘n God van liefde is, hoekom stop Hy nie net al hierdie nare dinge nie?

Maar terselfdertyd wil baie van die mense wat sulke vrae vra, nie hê dat God iets moet sê wat vir hulle dalk aanstoot sal gee nie. En wat van die nare dinge waarvan die Christene praat; die hemel en die hel, sonde en geregtigheid en God se oordeel? Dit kan seker ook nie reg wees nie!

Nee my vriend, jy moet kies. As jy ‘n God sonder oordeel wil hê, dan is die duiwel vry om te doen wat hy wil. As jy wil hê dat die bose dinge end moet kry, dan het jy ‘n God nodig wat met reg en geregtigheid sal oordeel. En dit is juis om daardie rede dat Jesus self gesê het in:

Matteus 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

Trouens, Jesus het dikwels gepraat oor God se geregtigheid, sy oordeel en die ewige straf wat wag vir diegene wat Hom verwerp.

Jy kan nie die botter aan beide kante gesmeer hê nie! As jy wil hê dat die bose uiteindelik aan bande gelê moet word, is dit nodig dat God oor die goddelose oordeel. En hierdie mense sal die ewige straf ontvang. Ja, hulle einde is verseker.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy