... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Volg die Herder

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 10:4,5 Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”

Listen to the radio broadcast of

Volg die Herder


Download audio file

Om in hierdie onvoorspelbare tyd iemand anders se leiding onvoorwaardelik te volg, is vir baie mense verregaande. Komaan man, ek wil my eie ding doen. Ek luister nie na ander mense nie. Wat van jou?

As ‘n eertydse militêre man, kan ek vir jou sê hoe wonderlik dit voel om ná ‘n groot parade saam met jou makkers van die paradegrond af te marsjeer en te weet dat julle die oefening absoluut foutloos uitgevoer het.

In die winter het ons donkerblou uniforms en wit handskoene gedra. En wanneer 450 pare wit handskoene presies gelyk oor die voorkant van daardie uniforms geflits het, was dit ‘n gesig om te aanskou. En wanneer 450 stelle blink gepoleerde stewels absoluut gelyktydig op die sypaadjie neerstamp, het die geluid jou dronkgeslaan.

Maar dit vereis dat elke soldaat die leier volg. Dit lyk maklik, maar as jy een van daardie soldate is, kan ek jou vertel; dis harde werk.

Stel jou voor wat ‘n gemors daardie parade sou gewees het as elke soldaat besluit het om sy eie ding te doen; as hulle ‘n halfhartige houding teenoor hul leier gehad het. Jesus gebruik hierdie beeld in:

Johannes 10:4,5 Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit ‘n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”

Hoekom is daar so baie Christene wat oral deur die lewe ronddwaal met ‘n halfhartige houding teenoor hul Leier?

Jesus is die goeie herder. Luister na sy stem, gehoorsaam Hom, volg Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy