... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verneder Jouself

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 4:8-10 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Verneder Jouself


Download audio file

Ons het gedurende hierdie week gesels oor die weg na grootheid, ware grootheid. Nie die onegte beeld wat die Hollywood-kultuur vir ons voorhou nie, maar die soort wat die lewens van ander vir ewig beïnvloed.

Wanneer jy aan die einde van jou lewe kom, sal jou lewe bekend staan as ‘n lewe wat dié van ander mense positief vir ewig beïnvloed het? Want my vriend, as jy iemand is wat in Jesus glo, dan is dit presies waarvoor Jesus jou roep.

Maar hoe kry jy dit reg? Ons is almal sondaars. Ons kyk almal in die spieël en sien ons beperkings, ons onvolmaakthede, ons mislukkings. Ek het probeer en probeer, maar dit lyk nie of ek ‘n werklike verskil maak nie.

Dit is glad nie so ongewoon om so te voel nie. Maar wat dink God hiervan? Wat is sy oplossing? Hoe los ons die saak vir eens en vir altyd op?

Jakobus 4:8-10 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie. Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee. (NLV)

Die antwoord is eenvoudig: Bid tot God, erken jou sonde, vra om vergifnis, verootmoedig jouself en kweek dié soort verhouding met Hom wat Hy jou geskape het om te hê. Hou op om volgens dubbele standaarde te leef. Jy kan nie die dinge van hierdie wêreld najaag en terselfdertyd ‘n spesiale verhouding met Jesus hê nie. Kies die regte een!

Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee.

My vriend, Hy wil hierdie wêreld een siel op ‘n slag verander … deur jou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy