... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sterf Daagliks saam met Christus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Listen to the radio broadcast of

Sterf Daagliks saam met Christus


Download audio file

As ons heeltemal eerlik met onsself is, sal ons ruiterlik erken dat baie van die dinge wat ons in hierdie wêreld begeer selfsugtig, misleidend … en eenvoudig verkeerd is. En ons weet, dat selfsug moeilik is om nek om te draai.

Wou jy al ooit ‘n punt bewys en teen iemand uitvaar, bloot omdat jy jou vir die persoon vererg het? Of wou jy meer geld hê, terwyl jy regtig meer as genoeg het en iemand wat jy ken, hulp broodnodig nodig het? Het jy al ooit … toemaar, jy verstaan, nè?

Ons het elkeen soveel sulke begeertes wat op die oog af goed lyk … totdat jy besef dat dit alles oor “my” gaan. My behoeftes, my begeertes. En die wêreld moedig jou aan en sterk jou in jou kwaad: Dis reg, jy verdien dit. Jy is belangrik. Klim in, vat dit.

En so, regeer en verwoes selfsug ons lewens. Miskien glo jy in Jesus, maar jy is, wie jy is. Jy wil hê wat jy wil hê en jy gaan dit kry.

Die apostel Paulus het ‘n heel ander benadering:

Galasiërs 2:19, 20ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Wat beteken dit om saam met Christus gekruisig te wees? Dit is beslis ‘n radikale stap om te neem. Dit beteken om aan die ‘eie ek’ te sterf en vir Christus te lewe. En onthou, Jesus het gesê dat elkeen wat Hom wil volg, nie net een keer nie, maar elke dag sy kruis moet opneem, want selfsug het die neiging om onverwags na die oppervlak te kom.

Soos iemand eenkeer gesê het: jy moet daagliks aan jouself sterf, om ten volle vir Christus te kan lewe, sodat jy, soos Paulus, waarlik kan sê … dis nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy