... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Radikale Chirurgie Word Vereis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 28:13 Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

Listen to the radio broadcast of

Radikale Chirurgie Word Vereis


Download audio file

Die meeste van ons verstaan die verskil tussen reg en verkeerd. En daarom het ons begin om meer van die regte dinge te probeer doen. Net ‘n bietjie meer regte dinge. Net ‘n bietjie minder verkeerdes. Hopelik sal dit die oplossing wees.

Stel jou vir ‘n oomblik voor dat jy ‘n kankergewas moet laat verwyder. Nouja, wil jy hê die chirurg moet ‘n deel daarvan verwyder of die hele gewas uitsny? Die antwoord is redelik voor die hand liggend, nè? Verwyder alles, asseblief tog! Trouens, die chirurg sal gewoonlik ‘n bietjie van die goeie weefsel rondom die kanker ook uitsny om seker te maak dat hy al die kanker verwyder het.

Kom ons kyk weer na jou benadering van reg en verkeerd. Sonde sal, soos ‘n kanker, korttermyn simptome hê, gevolge vir jou welstand en geluk in die hede … maar uiteindelik gaan dit jou, net soos daardie kanker, doodmaak.

En die benadering om net ‘n bietjie meer van die regte dinge te doen en ‘n bietjie minder van die verkeerdes, met die hoop dat niemand (selfs God) dit nie sal agterkom nie … gaan jou uiteindelik net so min red, as om ‘n deel van ‘n kanker te verwyder!

Spreuke 28:13 Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

Hierdie vers praat letterlik daarvan om jou sonde heeltemal af te lê. Daar is ‘n ander woord daarvoor: bekering. Dit is ‘n diep persoonlike proses om jou sonde te herken en te erken; om dus verantwoordelikheid vir jou sonde te aanvaar; om opregte berou en spyt oor jou dade te ervaar; om God se vergifnis te vra en ‘n besluit te neem om jou gedrag vorentoe te verander.

Maar, kom ons wees duidelik hieroor: om te besluit om so ‘n bietjie minder sonde te doen, is nie bekering nie. Om jou sonde te laat vaar, is.

wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy