... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onrealistiese Verwagtinge

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Listen to the radio broadcast of

Onrealistiese Verwagtinge


Download audio file

Sê my, watter begeertes koester jy vir jou onmiddellike toekoms? Jy het ongetwyfeld ‘n paar goeie dinge in gedagte, nè? Dalk wil jy ontsnap van die druk en probleme van elke dag? Maar dinge werk nie altyd so uit nie, of hoe?

Jy kry soms lag wanneer mense ingesuig raak deur swendelary op sosiale media wat beloof om hul toekoms te voorspel. Ek het onlangs ‘n boodskap gesien, waar die volgende vier dinge na bewering vir “Koos” voorspel word: ‘n nuwe huis, ‘n nuwe motor, ‘n handvol kontant en ‘n gelukkige lewe. Regtig?!

Maar is dit nie al te dikwels ons geheime droom nie? En dan, wanneer dit nie gebeur nie, wanneer dinge al hoe slegter gaan, raak ons al hoe meer terneergedruk!

Kyk, dalk gaan dinge op die oomblik klopdisselboom met jou. Mooi so! Maar die lewe is selde perfek. Daardie klein soldaatjies staan selde in ‘n mooi, netjiese ry.

Maar, my vriend, dit help dat Jesus ‘n realis is wanneer jy so ‘n paar onrealistiese verwagtinge koester. In daardie verskriklike  weke wat tot sy kruisiging gelei het – toe sy dissipels gevrees het vir hulle eie lewens – was Jesus se boodskap aan hulle:

Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Hier is ‘n belofte waarop jy kan reken: In hierdie wêreld sal jy probleme hê, jy sal beproewinge ervaar, dit kan voel asof die lewe jou onderkry. Maar jy kan sterk wees, hoekom? Want Jesus het die wêreld en alles daarin oorwin. Halleluja!

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy