... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Gevang Word Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Gevang Word Nie


Download audio file

Jy weet hoe ‘n angswekkende ervaring dit is om iewers vasgevang te wees! Stel jou voor dat jy vasgevang is in die kajuit van ‘n sinkende skip. Stel jou voor dat jy iewers ondergronds vasgevang is. Stel jou voor …

Nou nie ’n baie vrolike gedagte nie, is dit? Maar die realiteit is dat baie mense vandag op een of ander manier vasgevang is. Miskien is daar op die oomblik iets in jou omstandighede wat jou so laat voel.

Ek het dikwels tydens die COVID-pandemie toe baie van ons in ons huise toegekluister was, gedink aan vrouens en kinders wat in nare situasies van gevangenskap, mishandeling en misbruik vasgevang is.

Maar soms is die mure wat ons vasgevang hou, daar as gevolg van ons eie toedoen. Soms sluit ons onsself, heeltemal deur ons eie toedoen, in daardie situasie toe.

Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.

Wat God hier vir ons sê, is dat vrees op sigself die strik is. Mense voel byvoorbeeld vasgevang in hul werk; in ‘n moeilike finansiële situasie; in ‘n gesondheidskrisis. Ja, en wat van ‘n situasie waar hulle ‘n terminale diagnose ontvang het?

Die lewenspad het soms allerhande moeilikhede en teëspoed. Maar laat ons heeltemal nugter daarna kyk: eendag sal dit alles verby wees, ons sal aan die einde van ons lewe op hierdie aarde kom. Dis beslis wat gaan gebeur.

Of ons deur omstandighede vasgevang voel, en of ons, ten spyte daarvan, so vry soos ‘n voël op ‘n tak voel, dit het alles te doen met hoe ons dit ervaar: met vrees … of in vrede.

As jy jou verbeel dat jy op jou eie in hierdie gekompliseerde lewe staan, as dít jou patroon vir die lewe is, sal vrees jou strik wees – die tronksel waarin jy jouself opsluit.

Maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy