... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Kan Nog steeds Wen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.

Listen to the radio broadcast of

Jy Kan Nog steeds Wen


Download audio file

Ek en jy sal moontlik nooit die vinnigste, slimste of suksesvolste persoon in die wêreld wees nie. Maar daar is iets wat vir ons ‘n voordeel bo ander kan gee. Wil jy graag weet wat dit is?

Peter Sewell, ’n vriend van my, het onlangs sy storie vir my so vertel: Toe ek 5 jaar oud was, het ek aan ’n pret-resies by my skool deelgeneem. Al die kinders het vir een of ander rede kort voor die lint gestop. Ek het laaste gekom, maar ek het deur die lint gehardloop en die prys gewen. Ek het geluister – ek was net gehoorsaam en ek het die instruksies gevolg.

Is dit nie net te oulik nie? Die probleem is, dat baie van ons nie luister nie. As ek kon teruggaan in die verlede, sou ek vir myself sê: Berni, gaan sit, bly stil en luister.

Baie mense is geneig om te veel te praat. Ek was self daaraan skuldig; ek het te veel tyd gebruik om te praat en heeltemal te min daarvan om te luister. Ek wil graag vandag hierdie interessante stukkie goddelike wysheid met jou te deel in:

Spreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.

Hoe gereeld begin ons net praat, spring ons halsoorkop in, sonder om te luister? Wat God hier vir ons sê, is dat hoe minder ons praat en hoe meer ons luister na wat die ander persoon sê, hoe meer sal ons dinge deur sy oë kan sien. En so sal ons ‘n kans hê om te leer en wyser te word.

So baie van ons wil hê God moet dinge in ons lewens verander; maar so min van ons luister ooit na Hom. Jy is dalk nie die vinnigste hardloper op die baan nie. Maar weet jy, jy kan steeds die wedloop wen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy