... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy is Geskape vir die Oorwinning

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:56-58 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

Listen to the radio broadcast of

Jy is Geskape vir die Oorwinning


Download audio file

In ‘n era waar sukses die toppunt van die mens se bestaan geword het, is die idee van ‘n oorwinningslewe een wat dikwels misverstaan word. Dit is so maklik om te dink dat oorwinning daaroor gaan om ten alle koste te wen; terwyl God ‘n heeltemal ander, ‘n goddelike beskouing het van hoe ‘n oorwinningslewe werklik behoort te lyk.

God se beskouing van hoe ‘n mens in oorwinning lewe, is om die angel van die dood, wat ons eie slegte gedrag en ons eie sonde veroorsaak – beide vir hierdie lewe op aarde en vir die lewe hiernamaals – te oorwin.

Wonderlik, maar met die eerste oogopslag klink dit nie naastenby so aantreklik soos om in hierdie lewe in alles wat jy aanpak, suksesvol te wees nie. Ja, dit klink tóg beter om oorwinning oor jou omstandighede te hê; en om al jou probleme vir eens en vir altyd uit jou lewe te vee! Stem jy saam?

Maar laat my toe om te verduidelik, deur vanuit God se perspektief na die oorwinningslewe te kyk:

1 Korintiërs 15:56,57 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.

Dis reg: oorwinning is ‘n gawe van God deur Jesus Christus. Deur ‘n diep, persoonlike verhouding met Jesus te hê en in gehoorsaamheid aan sy opdragte te lewe, kry ek en jy oorwinning oor ons sonde. Dit gaan nie daaroor om geen probleme in hierdie lewe te hê nie. Jesus het sy dissipels tog belowe – dat ons – ja, dat óns baie probleme gaan hê. Maar deur Jesus Christus kan ons beide in die tydelike en vir ewige die angel van die dood, wat ons eie sonde meebring, oorwin.

Dit is soveel beter as wêreldse sukses. My vriend, jy is gemaak om ‘n oorwinningslewe te lei – vir vandag en vir alle ewigheid!

Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy