... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is die Bybel ‘n Feëverhaal?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 55:10,11 Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Is die Bybel ‘n Feëverhaal?


Download audio file

Kom ons wees eerlik, hierdie ding wat die Christene “die Bybel” noem, bevat ‘n hele paar baie vreemde, baie moeilik verteerbare stories. Jesus wat water in wyn verander en op water loop. Regtig? Miskien is dit net ‘n sprokie?

Volgens die verslag van die wêreldwye bediening aan vervolgde Christene, The Voice of the Martyrs, is Bybels in sowat 52 lande dwarsoor die wêreld moeilik of slegs op gevaarlike wyse bekombaar. Bybels is in daardie lande onwettig en skaars en moet dikwels in die geheim ingesmokkel word.

Nouja, wat dink jy, as die Bybel net ‘n sprokie is, hoekom word dit in 52 lande verbied? Soos iemand eenkeer opgemerk het, hoekom gaan jy nie tronk toe as jy Aspoestertjie of Sneeuwitjie lees nie? So, hoekom word die Bybel verbied? Dit maak geen sin nie.

Dit word verbied omdat dit jou kan vrymaak en omdat dit die kragtigste, mees transformerende waarheid wat aan die mensdom bekend is, bevat! Dit is verbode, want wanneer God deur sy Woord met gewone mense soos ek en jy praat, ontketen Hy sy krag om sy doel te bereik.

Jesaja 55:10,11 Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het. (NLV)

Dis die ware rede waarom dit in daardie lande verbied word. Nee, dit is nie ‘n sprokie nie. Dit is die instrument wat jou lewe heeltemal kan verander. Dit ontketen die krag van God om ín jou en déúr jou te werk en om so tot sy eer sy doel te bereik.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy